Stalle
Op die oomblik het ek 4 huur stalle en 1 stal vir my eie perd. Ek wil nie graag meer as 5 perde op die grond toelaat nie. Die groote van elke stal is 3m x4m.
|
|
Op die oomblik het ek 4 huur stalle en 1 stal vir my eie perd. Ek wil nie graag meer as 5 perde op die grond toelaat nie. Die groote van elke stal is 3m x4m.
Elke perd se eienaar kry vloerspasie in die stoorkamer om hul perd se voer, saals, ens. te bêre. Daar is 'n saalrak vir elke perd beskikbaar. Die stoorkamer word beskerm deur 'n klein draagbare alarm.
17m Deursnee
Standaard groote arena
Daar is 'n laan tussen die arena en 'n heining wat gebruik kan word vir spring.
| Huurstalkoste | R350 per maand |
| Volle huur van perd | R500 per maand |
| Perdry Lesse | R40 per les (Ongeveer 45 tot 60 minute) |
Huurstal huurders kry hul eie @aalwyne.co.za epos adres gratis.
Huurstal eienaars kan op die internet rond swerf vir R10 per uur.
Indien u nuut is in die wereld van perde en u wil graag u eie perd koop, maar weet nie waar om te begin nie, dan het ek net die regte ding vir u.
Ek sal u help om 'n geskikte perd te vind. Ek sal die perd koop en u kan die perd by my huur met die opsie om hom te koop. Aangesien ek self die perd sal koop, sal ek kyk vir waarde vir geld. U kan dus verseker wees dat u ook goeie waarde vir u geld sal kry, wanneer u die perd by my koop. Indien u egter nie van die perd hou nie, kan u bloot die huur staak en u hoef nie die perd meer te koop nie, sonder enige vrae.