Die Aalwyne - Home page

South Africa's Top Sites
Google
 

Hierdie is die amptelike web tuiste van Die Aalwyne, 'n privaat kleinhoewe by Rooi Hoogte naby Uitenhage. Die doel van hierdie web tuiste is om inligting te verskaf i.v.m. die dienste wat ek, Willem Van der Mescht, die eienaar van Die Aalwyne, lewer.

Verlaat Uitenhage met Cuyelerstraat, oor die brug, verby Kruisrevierpad, teen die bult op tot bo, dan regs op die grond pad wat parralel met die teer pad loop.

Waar is Die Aalwyne?

Die Aalwyne is ongeveer 4km van Uitenhage, in die Oos Kaap. (30km van Port Elizabeth). Die kleinhoewe is ongeveer 5.6 ha en is verdeel in 7 kampe, alles gelyk grond en meestal ontbos. Op die kaart, regs, dui X my plek aan.
Klik hier vir 'n kaart met meer besonderhede.

huurstal fasiliteit

Ek het 'n klein huurstal fasiliteit. Vir meer inligting, klik hier onder:

Besoek gerus my perd forum. Hier kan u gratis enige perdverwante advertensie plaas en sommer net gesels met die lede.

Jong kuikens

Hoenders

  • Ek maak lê-henne groot en verkoop hulle. Vir pryse kontak my asb.
  • Ek verkoop ook eiers.
  • Aflewerings punt Donderdae 8vm - Hoek van Channer en Dodd.
  • Aflewerings punt Dinsdae 7:30vm - Hoek van Durban en John.
  • Aflewering slegs vir gereelde bestellings. Kontak my om 'n bestelling te plaas.

Ander dienste

  • Swerf die internet teen R15 per uur
    • My gereelde kliente kan by my selfoon lugtyd koop deur net vir my 'n "Please call me" te stuur en dan later wanneer hulle my weer sien te betaal.
    • Nie 'n klient van my nie! Wel, klik hier as jy self wil lugtyd koop en verkoop.